GENIET VERBLYF RYK AAN KULTUUR EN PERSOONLIKE SORG

Hartlik Welkom by Caledon Villa

Ervaar die koestering van persoonlike sorg in ‘n huislike omgewing.

Kies uit 15 stylvolle kamers – elk met ’n eie naam en identiteit – om by u behoeftes te pas:

  • Sakebesoek
  • Akademiese besoek
  • Vakansie
  • Naweek ontvlugting
  • Huweliksgaste en wittebrood
  • Konferensiegroepe
  • Sportspanne
  • Gesinsgeleenthede

Belangrike oorwegings sluit in ons nabyheid aan die Universiteitskampus, die historiese middedorp van Stellenbosch en ook die Coetzenburg sportkompleks. Al hierdie plekke kan veilig binne 10 minute te voet bereik word. Maar, ewe belangrik is Caledon Villa se groot tuin en swembad waar ons gaste kan ontspan en om deur ons personeel bederf te kan word.

Natuurlik stel ons alle moderne geriewe tot u beskikking. Tog val ons klem ook op die historiese en die estetiese samestelling van hierdie familiehuis. Ons funksioneer reeds sedert 1992 as gastehuis en was een van die eerste ondernemings van dié aard in Stellenbosch.

Ons sien daarna uit om u hier te verwelkom.
Johan en Ode Krige bygestaan deur ’n ervare span medewerkers!