Kort historiese oorsig
In die hart van ons historiese universiteitsdorp pryk die wit gewel van Caledon Villa in sy volle glorie - 'n nasionale gedenkwaardigheid.Hierdie pragtige Edwardiaanse huis is vandag 'n gevestigde gastehuis met antieke meubels en erfstukke uit die Krige-familie. Hulle was die oorspronklike eienaars van die huis en het hulle wortels oor 9 geslagte heen in Stellenbosch gevestig. Caledon Villa is in 1910 deur ds Koos Krige as sy aftreehuis laat bou. Die voorafgaande 30 jaar het hy as leraar in die gemeente van Caledon gedien. By hulle verskuiwing terug na Stellenbosch was daar nog enkele van die jongste kinders op Universiteit en om hiervoor voorsiening te maak, is die huis met baie kamers gebou. Na sy afsterwe in 1920 verkoop sy weduwee die huis. Koos en Lenie was ouers van sewe seuns en vier dogters. Onder die sewe rugby-spelende seuns was die legendariese Japie Springbok en onder die talle kleinkinders die skrywer en digter Uys en die kunstenaar François.
In 1992 koop Johan en Ode Krige die eiendom en word dit weer deel
van die familie-erfenis. Trouens, vandag huisves dit talle familiestukke en
ook die familie-argief.
Algemene fasiliteite sluit in :
- Veilige parkering op die perseel - meestal onderdak
- Visa kredietkaart en MasterCard word aanvaar
- Afrikaans, Engels en Duits magtig.
