dinge om te doen
kontak ons...
nuusbrief
jongste nuus...
National Monument
Tourism Grading Council SA
In die ontbytlokaal van Caledon Villa het ons 'n
leêr met alles wat aan die gebeur is - kulturele aktiwiteite wat wissel van
klassieke konserte, musiekaanbiedinge, teater-optredes, kuns- en
kunsvlytuitstallings en selfs lesings oor algemene onderwerpe.Talle opvoerings
word deur die Universiteit aangebied. Die vlak van hierdie aanbiedings is
dikwels bo verwagting hoog. Om 'n simfonie-orkes in die Endlersaal in Neethlingstraat te gaan geniet is nogal besonders! In Caledon Villa het ons 'n "musikante-muur" waar plakkate en foto's van wêreldbekende musici aangebring is - almal kunstenaars wat al ons gaste was! Verneem gerus by ons personeel indien u in iets spesifieks belangstel.
Ons kan moontlik met besonderhede en besprekings help.
![antique porcelain collection [© 2005 CaledonVilla.co.za] antique porcelain collection [© 2005 CaledonVilla.co.za]](Images/CV_0054.jpg)
