Maak van u vakansie 'n kulturele belewenis en ervaar die koestering van persoonlike sorg.
Hier kan u u passie vir kuns, kultuur en geskiedenis met ander deel - en dit in 'n gerieflike, volledig toegeruste omgewing. Aangesien ons in die hartjie van Stellenbosch geleë is, kan u hiervandaan te voet die ou historiese dorp met al sy besienswaardighede besigtig.
Of u nou hier is vir vakansie of besigheid, vir 'n besoek aan die Universiteit of op u wittebrood - Caledon Villa sal in u individuele behoeftes voorsien. Met sy 15 stylvolle kamers kan gaste kies tussen Bed-en-Ontbyt of Selfsorg.
Ons goed gevestigde Edwardiaanse gastehuis uit 1910 is gemeubileer met besondere antieke meubels en erfstukke uit die Krige familie. Hulle was die oorspronklike eienaars van die huis en het hulle wortels oor 9 geslagte heen in Stellenbosch gevestig.
Ons wil u graag dadelik tuis laat voel en sal graag behulpsaam wees met enige beplanning sodat u die beste uit die besoek aan die Boland kan haal.
Ons sien daarna uit om u hier te ontvang.
U gasvrou en gasheer
Ode en Johan Krige
