KANSELLASIE BELEID

frontdoor of house at night detail [© 2005 CaledonVilla.co.za]Om 'n bespreking te finaliseer, vereis ons 'n deposito van 50% wat terselfdertyd as kansellasie-fooi dien. Een van die volgende twee metodes is aanvaarbaar :

  • [A] Kredietkaart: Ons benodig die kaartnommer, vervaldatum en die drie nommers agter op die kaart, sowel as u magtiging om die depositobedrag aan ons oor te dra.
  • [B] Bankoordrag: Na ABSA Bank in Stellenbosch
    Takkode : 334-410
    Rekeninghouer : Caledon Villa BK
    Bankrekening nommer : 4059 301 736
    Faks asseblief die depositostrokie ter bevestiging van betaling.
Ons verkies opsie [A] met u kredietkaart as waarborg. Ons bevestig ook dat ons geen fondse vooraf van u kaart sal verhaal nie. In geval van 'n kansellasie binne 14 dae voor datum van aankoms, of wanneer gaste glad nie opdaag nie, sal die deposito verbeur word om koste en verliese te dek. Indien ons egter ander betalende gaste vir dieselfde tydperk vind, sal ons u deposito nie aftrek nie.

 


 

Ons maak eers 'n voorlopige bespreking, en slegs nadat reëlings in verband met die deposito gefinaliseer is, sal ons gebonde wees aan 'n finale bespreking.

Stellenbosch accommodation in the historical heart of Stellenbosch. Self catering accommodation at Caledon Villa Guest House, Stellenbosch, Cape Town.
| caledon villa | akkommodasie | dienste | fasiliteite | dinge om te doen | gasteboek | tariewe en aanbiedinge | skakel met| navraag |