VERSAMELINGS

Ontdek Ode se koninkryk!

antique porcelain collection: dancing lady in sweeping white dress [© 2005 CaledonVilla.co.za] antique porcelain collection: lady in green dress leaning over on flower to look at lizard [© 2005 CaledonVilla.co.za]
Porselein:
Sy regeer oor haar porseleinstukke wat in verskillende hoekies dwarsdeur Caledon Villa uitgestal is.  Sy het naslaanwerke om versamelstukke uit Europa, en meer spesifiek uit Thüringen, te identifiseer.  As sy êrens vasbrand, is die internet haar speelveld om verder te delf in die verlokkende verlede van porselein.

[© 2005 CaledonVilla.co.za] Antropologie:
Sy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en Keulen, Duitsland.  Vir haar MA-tesis doen sy veldwerk in Mpumalanga onder die Ndebele-stam - ook bekend as Mapoggers.  Tydens hierdie besoeke bekom sy egte voorbeelde van fyn kralewerk en seremoniële volksdrag.  Dit en nog meer is opgeneem in haar volkekundige uitstalling.

Olieverfskilderye:
Van haar Weiss-ouers het Ode haar waardering vir kuns in die breë geerf. Onder hul nalatenskap tel skilderye deur bekende SA kunstenaars. 'n Toer deur die huis kan vir die belangstellende interessant wees. Met talente wat wissel van skilder en skryf tot musiekmaak, gee dit vir Ode vreugde om dit met ander te deel.  Maar haar grootste vreugde is om Ouma vir haar kleinkinders te wees.



chandelier w bookcase + 2 antique chairs + table + 2 paintings + clock in hallway [© 2005 CaledonVilla.co.za]
Stellenbosch accommodation in the historical heart of Stellenbosch. Self catering accommodation at Caledon Villa Guest House, Stellenbosch, Cape Town.
| caledon villa | akkommodasie | dienste | fasiliteite | dinge om te doen | gasteboek | tariewe en aanbiedinge | skakel met| navraag |