akkommodasie
kontak ons...
nuusbrief
jongste nuus...
National Monument
Tourism Grading Council SA
![guestroom through doorway [© 2005 CaledonVilla.co.za] guestroom through doorway [© 2005 CaledonVilla.co.za]](Images/CV_0001.jpg)
Stylvolle kamers vir Bed-en-Ontbyt of Selfsorg
Caledon Villa bied 15 en suite kamers wat elkeen individueel in 'n verskeidenheid style en soorte ingerig is. U kan van 'n standaardkamer tot 'n gesinskamer of van 'n luukse suite tot 'n luukse tweeslaapkamer woonstel kies. Gaste kan volgens eie keuse op bed-en-ontbyt basis bespreek of so nie 'n selfsorg eenheid met toegeruste kombuis kies.Ons benadering is tegemoetkomend en waar enigsins moontlik, sal ons probeer om enige spesiale versoek te akkommodeer. Alle kamers is met die volgende toegerus:
- komplimentêre bottel wyn as verwelkoming
- TV met 10 uitgesoekte nasionale en internasionale kanale
- tee/koffie skinkbord met varsgebakte beskuit
- uitgebreide inligtingslêer
- mandjie met nood-toebehore
- yskas met 'n verskeidenheid van drankies
- haardroër
- elektroniese kluis en internet koppeling [wireless]
