![[© 2005 CaledonVilla.co.za] [© 2005 CaledonVilla.co.za]](Images/CV_0081.jpg)
Oor vele jaar het ons met gaste oor hul dagstappies
beraadslaag en met hierdie ervaring as basis het ons 'n 7 dag voorstel
geformuleer. Hierdie voorstel stel u in staat om soveel te sien en te
ervaar as wat u beskikbare tyd toelaat. Belangrik is om Stellenbosch as u
basis te kies. Verder, ons 7-dae Spesiale Aanbod vir akkommodasie is
bedoel om hierdie voordeel te ondersteun. In kort:
- Kaapstad en die Skiereiland
- Kaapstad en Robben Eiland
- Wynland Noord ( Paarl, KWV, diereparke )
- Wynland Suid ( olywe, kaas, wyne )
- Vier bergpasse en Hermanus ( walvisse en fynbos )
- Stellenbosch omgewing ( natuurreserwes, perdry, varswater visvang
)
- Ekstra dag in Stellenbosch self en om in die rustige tuin te
herstel.
In ons kamers sal u 'n INLIGTINGSLEÊR aantref waarin veel meer
detail en opsies uiteengesit word. Maar miskien nog belangriker - 'n
gesprek met Johan sal die keuses tussen opsies aansienlik
vergemaklik.