BIBLIOTEEK

Johan in library [© 2005 CaledonVilla.co.za]Hierdie is Johan se domein. Dit is ook waar die unieke Krige Familie-argief gehuisves word.

Praat met Johan oor Genealogie en Heraldiek, oor Politiek en Sport, of enigiets anders.  As ingenieur het hy belangstelling op verskillende terreine ontwikkel. Hy sal ook graag van al die familie generasies teen die muur vertel. Hulle portrette is volgens presiese koordinate op die 4m hoë studeerkamermuur aangebring. 

Maar hy luister ook graag na die stories wat entoesiastiese gaste te vertel het.

Behalwe vir die formele biblioteek is daar ook 'n informele versameling boeke - meestal geskenk deur vertrekkende gaste.  Dit is beskikbaar vir diegene wat ligter leesstof soek tydens hulle verblyf hier.

Stellenbosch accommodation in the historical heart of Stellenbosch. Self catering accommodation at Caledon Villa Guest House, Stellenbosch, Cape Town.
| caledon villa | akkommodasie | dienste | fasiliteite | dinge om te doen | gasteboek | tariewe en aanbiedinge | skakel met| navraag |