![hallway + guitar painting + plant [© 2005 CaledonVilla.co.za] hallway + guitar painting + plant [© 2005 CaledonVilla.co.za]](Images/CV_0011.jpg)
Ons missie is om eerder die tweede myl met ons gaste te
loop. Die eerste myl - dis nou die bed en ontbyt - vorm natuurlik die
basis van u gerief en tevredenheid en moet dus van die hoogste gehalte wees. Die
tweede myl behels onder andere waarde-toevoegings soos :
- By ontvangs word u met iets te drinke en vars gebak verwelkom
- 'n Dorpskaart word aan u oorhandig en behoeftes bespreek
- U ontvang algemene huisnotas om reëlings te vergemaklik
- U word na u kamer vergesel en parkering en sleutels word verduidelik
- Allerlei besprekings word op versoek namens u gemaak
- Vervoer van en na die lughawe of bushaltes word gereël
- Detail beplanning van daguitstappies volgens u aanduidings
- Streekstoere na die binneland of kusgebiede beplan.
Uit ons diverse
persoonlike gesprekke kan ons soms as skakelpersoon optree om nuwe sake of
akademiese kontak uit te bou. Ten spyte van al die intellektuele uitdagings wat
Stellenbosch bied, kan u ook besluit om bloot net te ontspan - in die son
langs die swembad of in die koelte van die rustige gazebo...