Opsioneel : Selfsorg of bed-en-ontbyt. Hierdie luukse
woonstel is in die hart van historiese Stellenbosch geleë ( h/v Kerk- en
Andringastrate ) en minder as 10 minute stapafstand vanaf Caledon Villa. Hierdie
verblyf bied die kombinasie van die gastehuis se infrastruktuur en onafhanklike
beweegruimte - privaatheid, maar ook die gerief van kantoor-ondersteuning
en die gebruik van die tuin en die swembad. Die woonstel bied die volgende:
* slaapkamer met dubbelbed
* slaapkamer met twee uitskuif-enkelbedjies
* ten volle toegeruste kombuis
* en suite badkamer
* woonkamer met Sat TV
* klein balkon weg van die strate
* parkeerplek in kelder van gebou
* volle sekuriteit in die gebou
DIENSTE:
Self-sorg : kamerdiens en bedlinne : twee maal per week
Bed-en-ontbyt : kamerdiens en ontbyt : daagliks ( ontbyt by gastehuis )
![lounge [© 2006 CaledonVilla.co.za] lounge [© 2006 CaledonVilla.co.za]](Images/CV_0134.jpg)
