BESIGTIGINGSTOERE

PG_016705.jpg [© 2005 CaledonVilla.co.za]Besoeke in alle rigtings!

Dit is moontlik om talle plekke rondom Stellenbosch te besoek en sewe dae lank besig te bly sonder om enigiets te herhaal.  Ons het al met talle gaste en groepe gesit om uitstappies te beplan en het die omgewing in toere soos die speke van 'n wiel onderverdeel.  En al hierdie uitstappies is 'n uur of minder se rytyd vanaf u basis in Stellenbosch.

  • Kaapstad met die Waterfront, Tafelberg, Robbeneiland en die middestad met museums, historiese geboue, kuns en kunsvlyt, akwarium en inkopie sentrums.


  • Die Skiereiland met Kaappunt, Chapmans Peak, Kirstenbosch, Groot Constantia, toere in die swart woongebiede, en besigtiging van pikkewyn kolonies.


  • Kusroete R44 verby die Strand met sy sandstrand, die fynbos koninkryk langs die kus, Hermanus met sy walvisse in seisoen en Elgin met sy vrugteboorde.


  • Die vier passe rit met pragtige natuurskoon oor die Groot Drakensteinberge, verby die Theewaterskloof Opgaardam, oor Sir Lowry's pas met 'n vergesig oor Valsbaai en die Skiereiland en verby Monkey Town naby Somerset-Wes.


  • Natuurreservate soos Jonkershoek, Helderberg, Paarlberg en Steenbrasdam met stap- of perdry-roetes.


  • Wynroetes soos die van Paarl, Franschhoek, Stellenbosch, Durbanville, Helderberg, Tulbagh en Worcester met baie permutasies en kombinasies!


Stellenbosch accommodation in the historical heart of Stellenbosch. Self catering accommodation at Caledon Villa Guest House, Stellenbosch, Cape Town.
| caledon villa | akkommodasie | dienste | fasiliteite | dinge om te doen | gasteboek | tariewe en aanbiedinge | skakel met| navraag |