dinge om te doen
kontak ons...
nuusbrief
jongste nuus...
National Monument
Tourism Grading Council SA
In 'n universiteitsomgewing met 20 000+ studente,
vind daar baie en diverse kulturele aktiwiteite plaas. Stellenbosch het 'n
ryke erfenis aan geskiedenis, argitektuur en literatuur. 'n Onlangse
publikasie dui aan dat omtrent 375 skrywers hier gewoon het of steeds nog woon!
Rondom Stellenbosch is talle bergreekse, voetheuwels met wingerde beplant en die Eersterivier wat deur die vrugbare valleie na die see vloei.
Die naaste strandoord met die beste sandstrand is slegs 'n kwartier se ry ver. U kan al hierdie voordele geniet vanuit die historiese hart van Stellenbosch - te voet, per motor of te perd. Met 'n bietjie plaaslike hulp word dit maklik beplan en uitgevoer. En dit is wat Caledon Villa as sy bydrae sien - om u by te staan sodat u aangename herinneringe aan u verblyf in die Wynland sal terugneem huis toe.
Ons beste raad is : maak Stellenbosch u basis vanwaar u al hierdie attraksies en vele meer kan besoek. Kaapstad is net 50 minute ver en Kaappunt nie veel verder nie! Miskien is die belangrikste nog die feit dat Stellenbosch 'n dorp en nie 'n stad is nie. Van Caledon Villa af gaan ons gaste saans te voet na die restaurante en kom tuis - ontspanne in 'n veilige en verfynde omgewing...
![people walking out of commercial passage [© 2006 CaledonVilla.co.za] people walking out of commercial passage [© 2006 CaledonVilla.co.za]](Images/CV_0150.jpg)
