ONDERSTEUN DIE VOLGENDE GESLAG

 

Ons het in 2005 'n projek begin ondersteun wat landwyd deur Studietrust georganiseer word [sien kulturele skakel]. Hierdeur finansier ons 'n jong dame uit 'n voorheen benadeelde gemeenskap sodat sy voltyds kan studeer. Sy is uit 'n menigte aansoekers gekeur en volg nou 'n graad in Toerisme aan die Universiteit van Bloemfontein.

Maar meer oor hierdie dame - Thea!
Thea MacKay groei op in Ritchie, 'n klein landelike dorpie naby Kimberley. Haar pa is 'n taxi-eienaar en verdien sy inkomste deur passasiers tussen Ritchie en Kimberley te vervoer. Sou die voertuig iets makeer, is daar geen inkomste vir die gesin nie.

Thea voltooi haar skoolloopbaan in 2005 sonder enige hoop op verdere studie. Toe hoor sy van Studietrust en doen aansoek om finansiële ondersteuning. Sy is suksesvol en meteens bestaan die moontlikheid dat sy haar droom kan verwesenlik!

Sy skryf soos volg:
" Ek het Bloemfontein toe gery met slegs my klere, het nie eens geweet waar ek gaan woon nie, al wat ek geweet het ek was dat ek gekeur is en dat ek 'n geleentheid het om verder te studeer. Die eerste keer toe ek hoor Studietrust gaan my help was ek opgewonde, bly en verlig, maar nogsteeds bietjie onrustig. 'n Week na die goeie nuus, op 'n Vrydag na klas was ek in my "depressie" toestand. Ek't by die woonstel aangekom, verskriklik gehuil, dit het net gevoel asof dinge nie in plek val nie. ek't gestres! Ek't met Mnr Hofmeyr gepraat, hy't my getroos, dinge het net duister gelyk. Ek't op my knieë geval en gebid soos nooit te vore nie, want ek konnie verstaan hoekom God my so ver gebring het en ek net so sak en pak weer trug Ritchie toe moet gaan nie. Later het Mnr Hofmeyr my weer gebel en vertel dat 'n Gastehuis in Stellenbosch ook nog geld vir my bydra tot my studies. Uit blydskap het ek weer begin huil en kon myself nie eens hoor nie. 'n Man het eenkeer gesê/ gevra: "What is it about silence that makes people uneased, why are people only happy, when the air is filled with words?"
Dit was altyd vir my waar, tot daai dag, die stilte wat my omring het, die rustigheid, die gevoel van sekerheid en van mense, vreemdelinge wat omgee, het my weer nuwe hoop en moed gegee".



Ons ontvang baie positiewe verslae oor Thea se vordering. Ons reken dat sy 'n doelgerigte jongmens is wat van elke geleentheid wat op haar pad kom, gebruik maak.

Indien enigeen belangstel om deel te wees in die opbou van 'n nuwe gelsag leiers in hierdie land, kan u gerus die volgende webtuiste besoek:
http://www.studytrust.org.za



Stellenbosch accommodation in the historical heart of Stellenbosch. Self catering accommodation at Caledon Villa Guest House, Stellenbosch, Cape Town.
| caledon villa | akkommodasie | dienste | fasiliteite | dinge om te doen | gasteboek | tariewe en aanbiedinge | skakel met| navraag |