dinge om te doen
kontak ons...
nuusbrief
jongste nuus...
National Monument
Tourism Grading Council SA
Ons deel nie net met u ons passie vir kuns en kultuur
nie, maar ook ons liefde vir wyn. Dit het ontstaan uit die Krige-familie
se sterk betrokkenheid in wyn- en wingerdbou oor 300 jaar en ons historiese
verband met baie van vandag se bekende wynlandgoedere.Die wynroetes van Helderberg, Stellenbosch, Paarl en Franschhoek bied 'n groot verskeidenheid aan pragtige en historiese wynplase wat sommige van die beste wyne produseer. Daar is sowat 250 wynplase om te besoek en wanneer dit by 'n keuse van 5 of 6 vir 'n daguitstappie kom, is dit waar Johan se hulp van waarde kan wees. Die ideaal is om 'n logiese roete met genoeg variasie daarby te beplan.
'n Wyntoer gaan oor baie meer as net die proe van wyn, die vergesig oor die wingerd en die koop van wyn... Dit gaan ook oor Kaaps-Hollandse argitektuur, die spogtuine, die landelike omgewing omring deur berge en strome en die geskiedenis. Ook oor addisionele bykomstighede soos die maak van kaas, die blaas van glas of selfs bessies, olywe of 'n melkboerdery daarmee saam. En heel dikwels is die toppunt 'n middagete êrens langs 'n dam of op 'n terras van 'n wynplaas...
Al hierdie moontlikhede sal deur brosjures en noukeurige sketse gerugsteun
word om seker te maak dat u nie verdwaal tussen al die bergpasse en plaaspaaie
nie! Uit ondervinding weet ons dat ons die volgende oggend noukeurige verslag
van die vorige dag se uitstappies sal ontvang... en aangename herinneringe met
ons gaste sal deel.
Besoek gerus http://www.happyholiday.co.za vir gespesialiseerde wyn- en
besigtigingstoere.
