CALEDON VILLA VIER 100 JAAR IN 2010

In 1910 - dus die laat Edwardiaanse tydperk - is die huis van Neethlingstraat 7 gebou, met stalle en 'n oop stuk grond weerskante. Laasgenoemde was Stellenbosch se oorspronklike landbou skougronde lang die Eersterivier. Daar was wel basiese dienste in plek, maar die area was relatief oop en kaal, in skerp kontras met die skaduryke Eikelanings wat vandag so kenmerkend is van hierdie area op die rand van die historiese stadskern. Koos Krige, 'n dominee van Caledon, het die huis gebou as sy aftree tuiste. Na sy dood het sy weduwee die huis verkoop aan die Van Brakel familie, wat dit besit het tot en met die verkoop daarvan in 1992, weer aan 'n Krige. Met die ontwikkeling van die huis na 'n gastehuis was dit vernoem na die oorspronklike eienaar se tuisdorp.

Die Caledon Villa huis stel 'n eklektiese kombinasie van argitektuur ten toon - van Victoriaans tot Edwardiaans, Art Nouveau en Kaaps Hollands. Vandag is 'n hele aantal van die oorspronklike afwerking nog steeds in gebruik (byvoorbeeld die dakplate), wat boekdele spreek oor die vakmanskap en aandag aan detail en kwaliteit van daardie era. Die huis is tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar deur die Raad op Nasionale Gedenkwaardighede in 1984.

In die viering van 100 jaar in hierdie huis, nooi die Krige familie deur die loop van die jaar 'n verskeidenheid vriende van die huis terug. Hiermee sal daar weer baie van die herinneringe uit hierdie huis gedeel word, maar ook weer 'n blik gee op alles wat nuut, verander en aangepas is. Dit sluit in die spiraal trap na die daktuin, die solder met sy porselein popversameling en 'n hele aantal bykomende kunswerke.

Stellenbosch accommodation in the historical heart of Stellenbosch. Self catering accommodation at Caledon Villa Guest House, Stellenbosch, Cape Town.
| caledon villa | akkommodasie | dienste | fasiliteite | dinge om te doen | gasteboek | tariewe en aanbiedinge | skakel ons| navraag | 100 jaar