Besigtigingstoere

Besoeke in alle rigtings!

Dit is moontlik om talle plekke rondom Stellenbosch te besoek en sewe dae lank besig te bly sonder om enigiets te herhaal. Ons het al met talle gaste en groepe gesit om uitstappies te beplan en het die omgewing in toere soos die speke van ‘n wiel onderverdeel. En al hierdie uitstappies is ‘n uur of minder se rytyd vanaf u basis in Stellenbosch.