Kuns, Musiek en Teater
In die ontbytlokaal van Caledon Villa het ons 'n lêer met alles wat aan die gebeur is - kulturele aktiwiteite wat wissel van klassieke konserte, musiekaanbiedinge, teater-optredes, kuns- en kunsvlytuitstallings en selfs lesings oor algemene onderwerpe. Talle opvoerings word deur die Universiteit aangebied. Die vlak van hierdie aanbiedings is dikwels bo verwagting hoog.
Om 'n simfonie-orkes in die Endlersaal in Neethlingstraat te gaan geniet is nogal besonders! In Caledon Villa het ons 'n "musikante-muur" waar plakkate en foto's van wêreldbekende musici aangebring is - almal kunstenaars wat al ons gaste was!
Verneem gerus by ons personeel indien u in iets spesifieks belangstel.
Ons kan moontlik met besonderhede en besprekings help.
Om u belangstelling verder aan te moedig - sien gerus die volgende:
http://academic.sun.ac.za/music/




