South-Africa-Flag-48 United KingdomGreat_Britain Germany

Guesthouse | Accommodation | Stellenbosch | South Africa

Wyn

Ons deel nie net ons passie vir kuns en kultuur met u nie, maar ook ons liefde vir wyn.  Dit het ontstaan uit die Krige-familie se sterk betrokkenheid in wyn- en wingerdbou oor 300 jaar en ons historiese verband met baie van vandag se bekende wynlandgoedere.

Die wynroetes van Helderberg, Stellenbosch, Paarl en Franschhoek bied 'n groot verskeidenheid aan pragtige en historiese wynplase wat sommige van die beste wyne produseer.  Daar is sowat 250 wynplase om te besoek en wanneer dit by 'n keuse van 5 of 6 vir 'n daguitstappie kom, is dit waar Johan se hulp van waarde kan wees. Die ideaal is om 'n logiese roete met genoeg variasie daarby te beplan.

'n Wyntoer gaan oor baie meer as net die proe van wyn, die vergesig oor die wingerd en die koop van wyn... Dit gaan ook oor Kaaps-Hollandse argitektuur, die spogtuine, die landelike omgewing omring deur berge en strome en die geskiedenis.  Ook oor addisionele bykomstighede soos die maak van kaas, argeologiese terrein, veteraan motors, die blaas van glas of selfs bessies, olywe of 'n melkboerdery daarmee saam.  En heel dikwels is die toppunt 'n middagete √™rens langs 'n dam of op die terras van 'n wynplaas...

Al hierdie moontlikhede sal deur brosjures en noukeurige sketse gerugsteun word om seker te maak dat u nie verdwaal tussen al die bergpasse en plaaspaaie nie! Uit ondervinding weet ons dat ons die volgende oggend noukeurige verslag van die vorige dag se uitstappies sal ontvang... en aangename herinneringe met ons gaste sal deel.

On u verdere belangstelling aan te moedig - sien gerus die volgende: 

    

joomla template 1.6

Wyn finaal

                                                     Stellenbosch Winelands_finaal