In en om Caledon Villa

 Gaste by Caledon Villa

 Al ons gaste is spesiaal – elkeen op sy of haar manier.
Sommiges is tog spesiaal anders. Hoe so?

Ons swaeltjies
Hulle kom elke somer van die koue Noorde en kies dieselfde plekkie onder ons dak. Vanaf dag een is hulle vrolik en gesellig op hulle tipiese manier. Bedags besoek hulle mooi plekke in ons streek en vanaand vertoef hulle in die eetplekke. En as dit herfs word, dan sit hulle in rye langs die swembad en geniet vir oulaas die sonskyn voordat hulle die lang tog huis toe aanpak.

Picture 551 finaal     swaeltjie Finaal    Picture 533 finaal

 

Ons wewersvinke
Hulle vlieg in van alle hoeke van die ronde aardbol. Hulle bring boeke en elektroniese toerusting saam. Dis hulle materiaal om projekte saam met die werwersvinke van die plaaslike Universiteit te vleg. Soggens vroeg draf Bernice al heen en weer om hul ontbyte voor te sit. En vanaand soek hulle WiFi-vouchers in die Kantoor om hulle dagtaak vas te vleg.

geelvink finaal     Picture 843 finaal

 

Ons ooievare
Hulle kom ook hoofsaaklik uit die Noorde met vaardige vlerkslag. Hoofsaak van hul bagasie is die slanke gholftoerusting – nie babas nie ! Hulle kom vir ‘n gestruktureerde vakansie – van een setperk na die volgende. Die afslaantye word haarfyn beplan want ‘n speelbeurt mag nie verlore gaan nie. En die balletjie moet net nie die gaatjie mis nie !

ooievaar finaal     Picture 387 finaal

joomla template 1.6