South-Africa-Flag-48 United KingdomGreat_Britain Germany

Guesthouse | Accommodation | Stellenbosch | South Africa

Kort Historiese Oorsig

In die hart van ons historiese universiteitsdorp pryk drie besonderse kruike in volle glorie op die hoofgewel van Caledon Villa - 'n nasionale gedenkwaardigheid.

Hierdie pragtige Edwardiaanse huis is vandag 'n gevestigde gastehuis met antieke meubels en erfstukke uit die Krige-familie. Hulle was die oorspronklike eienaars van die huis en het hulle wortels oor 9 geslagte heen in Stellenbosch gevestig. Caledon Villa is in 1910 deur ds Koos Krige as sy aftreehuis laat bou.  Die voorafgaande 30 jaar het hy as leraar in die gemeente van Caledon gedien.  By hulle verskuiwing terug na Stellenbosch was daar nog enkele van die jonger kinders op Universiteit en om vir hulle voorsiening te maak, is die huis met baie kamers gebou.  Na Oom Koos se afsterwe in 1920 verkoop sy weduwee Lenie die huis. Hulle was ouers van sewe seuns en vier dogters. Onder die sewe rugby-spelende seuns was die legendariese Japie Springbok en onder talle kleinkinders die skrywer en digter Uys en die kunstenaar Fran├žois.

In 1992 koop Johan en Ode Krige die eiendom en word dit weer deel van die familie-erfenis. Trouens, vandag huisves dit talle familiestukke en ook die familie-argief. 

Foto onder: Die Krige-gesin voor die pastorie in Caledon (1901)

joomla template 1.6

Caledon Gesin_Finaal