South-Africa-Flag-48 United KingdomGreat_Britain Germany

Guesthouse | Accommodation | Stellenbosch | South Africa

Tuin

Begin die dag met ‘n stewige ontbyt op die terras met ‘n uitsig oor die tuin, swembad en hoë toring van die historiese Moederkerk – die begin van die dorpskern.

Op ‘n lui middag of na ‘n besige dag, geniet van ons gaste ‘n drankie in die gazebo. Sommige besluit om liewer self vleis te braai eerder as om dorp toe te stap.

Ons skaduryke tuin bied ‘n groen oase in die middel van die dorp. Klim 3m op na bo met die spiraaltrap en stap uit in ‘n ander wêreld! Ons daktuin met sy aalwyne, vygies en vetplante staan in totale kontras tot die onderste tuin. Hier is altyd iets aan die blom! Vir diegene wat son en afsondering soek, is dit die ideale meditasie-ruimte.

Saans skep die sonsondergang op die Pieke - met ‘n glasie wyn in die hand - ‘n besondere atmosfeer.

 

Oranje Blomme             Wisteria 1

joomla template 1.6

  Tuin 1_nuut

 

 

Tuin 3_nuut

      Tuin _Swembad_nuut