Prosedure met Bespreking
Om 'n bespreking te finaliseer, vereis ons 'n deposito van 50% wat terselfdertyd as kansellasie-fooi dien.
Een van die volgende twee metodes is aanvaarbaar:
-
[A] Kredietkaart:
Ons benodig die kaartnommer, vervaldatum en die drie nommers agter op die kaart, sowel as u magtiging om die depositobedrag aan ons oor te dra. -
[B] Bankoordrag:
Na ABSA Bank in Stellenbosch
Takkode : 632 005
Rekeninghouer : Caledon Villa BK
Bankrekening nommer : 4059 301 736
Faks asseblief die depositostrokie ter bevestiging van betaling.
Ons verkies opsie [A] met u kredietkaart as waarborg. Ons bevestig ook dat ons geen fondse vooraf van u kaart sal verhaal nie. In geval van 'n kansellasie binne 14 dae voor datum van aankoms, of wanneer gaste glad nie opdaag nie, sal die deposito verbeur word om koste en verliese te dek. Indien ons egter ander betalende gaste vir dieselfde tydperk vind, sal u nie u deposito verbeur nie.
Ons maak eers 'n voorlopige bespreking, en slegs nadat reëlings in verband met die deposito gefinaliseer is, sal ons gebonde wees aan 'n finale bespreking.



