Meer as bloot bed en ontbyt
Ons MISSIE is om eerder die tweede myl met ons gaste te loop. Die eerste myl – dis nou die bed en ontbyt – vorm natuurlik die basis van u gerief en tevredenheid en moet dus van die hoogste gehalte wees. Die tweede myl behels o.a. waarde-toevoegings soos:
- ’n Dorpskaart word aan u oorhandig en behoeftes bespreek
- U word na u kamer vergesel en parkering en sleutels word verduidelik
- Allerlei besprekings word op versoek namens u gemaak
- Vervoer van en na die lughawe of bushaltes word namens u gereël
- Detail beplanning van daguitstappies volgens u aanduidings en wense
- Streekstoere na die binneland of kusgebiede kan met u bespreek en beplan word.
Uit ons diverse persoonlike gesprekke met ons gaste kan ons soms as skakelpersoon optree om nuwe sake of akademiese kontak uit te bou.
Ten spyte van al die intellektuele uitdagings wat Stellenbosch aan besoekers bied, kan u ook besluit om bloot net te kom ontspan – in die son langs die swembad of in die koelte van ons rustige gazebo.
Om hierdie MISSIE ten volle te kan uitleef, het ons in Caledon Villa fisiese en intellektuele hulpmiddels geskep. Ons het ons eie leefsruimte verbreed om ook daarin ruimte vir ons gaste te skep.