Ontbyt

Ontbyt in Caledon Villa is iets besonders.

‘n Stewige warm ontbyt volgens die spyskaart op die tafel word voorgesit. Verder is daar ‘n wye verskeidenheid van aanvullende koue items wat na eie keuse opgeskep kan word. Vir persone met spesiale voedsel-vereistes word ook planne beraam.

Dit is die plek en die geleentheid waar gaste gesellig saam verkeer – met mekaar en ook met die personeel.  Die koffiepot word weer gevul terwyl Johan met gaste ‘n gesprek aanknoop om idees uit te ruil en om behulpsaam te wees met hulle dagbeplanning.

Tafels vir twee of vir groter groepe word binne of aangrensend buite op die terras voorsien.