Sitkamers

Ons het twee sitkamers wat deur gaste gebruik kan word.

Die Usupov sitkamer – ‘n rustige ruimte in die familiehuis vir lees of om in afsondering mede-reisgenote of kollegas om die groot geelhouttafel te ontmoet.

Die Van der Stel sitkamer –  ‘n gesellige sitkamer met leerbanke en ‘n kaggel. Daar is ‘n skaaktafeltjie en ook ‘n groter tafel met vier stoele om by kaart te speel. Hierdie is die ideale bymekaarkomplek in die winter, veral om ‘n glasie Port- of rooiwyn te geniet. Daar is ook ‘n biblioteek met boeke en tydskrifte in verskeie tale wat deur gaste benut kan word.

Die kultuur-historiese skildery van Simon van der Stel is in laasgenoemde sitkamer te siene. Dit verskyn regs op die foto hiernaas. Sy 1686-dagboek word in dieselfde vertrek uitgestal.