Swembad

Die groot swembad met handreling by die ingang bied lafenis gedurende die warm somermaande. Dit vorm die sentrale deel van die tuin met son- en skadudele rondom. Hierdie soutwater bad verseker sprankelende en helder water.

Daar is ‘n verskeidenheid lêstoele en ander geriewe om in almal se behoeftes te voorsien. Hier word ook vrugtesap, tee en koffie bedien.

Agter in die tuin pryk ‘n massiewe rots van rooskwarts (ongeveer 1 ton in gewig) omring deur 8 water-spuitjies. Saans word dit belig en gee ‘n sprokiesagtige gevoel aan die tuin.

Rooskwarts straal die energie van liefde uit. Die twee diertjies wat langs die fontein uitgebeeld word, kom werklik in die tuin voor. Die verkleurmannetjie is die simbool van wysheid met die vermoë om aan te pas, terwyl die eekhorinkie vir versameling en versorging staan. Dit is eintlik die essensie van gastehuis-wees!