Opmerkinge oor Tariewe

Tariewe sluit in: ontbyt, 14% BTW en komplimentêre botteltjie Portwyn in die kamer.
Tariewe sluit uit: telefoon en wassery-koste asook drankies uit die yskassie in die kamer.

Besprekings sal gefinaliseer word op ontvangs van ‘n 50% deposito of ‘n waarborg vir dieselfde bedrag by wyse van ‘n kredietkaart. By laat kansellasie mag ‘n 50%-fooi gehef word indien die betrokke kamers onverhuurd bly.

Visa en Mastercard word vir betaling aanvaar. Met ander kredietkaarte mag ‘n persentasie toegevoeg word.

Kinders is welkom saam met ouers, maar dan slegs indien ‘n gesinseenheid beskikbaar is.

Bogenoemde tariewe is onderhewig aan verstelling sonder vooraf kennisgewing.

Hierdie tariewe is gekies om ‘n maksimum van 10% kommissie vir reisagente te voorsien.