Tuin

Begin die dag met ‘n stewige ontbyt op die terras met ‘n uitsig oor die tuin, swembad en hoë toring van die historiese Moederkerk – die begin van die dorpskern.

Op ‘n lui middag of na ‘n besige dag, geniet van ons gaste ‘n drankie in die gazebo. Sommige besluit om liewer self vleis te braai eerder as om dorp toe te stap.

Ons skaduryke tuin bied ‘n groen oase in die middel van die dorp. Klim 3m op na bo met die spiraaltrap en stap uit op die platdak in ‘n ander wêreld! Ons daktuin met sy aalwyne, vygies en vetplante staan in totale kontras tot die onderste tuin. Hier is altyd iets aan die blom! Vir diegene wat stilte en afsondering soek, is dit die ideale meditasie-ruimte. Daar is gerieflike sitplekke en ‘n ronde tafel.

Saans skep die sonsondergang op die Pieke en die verskillende berge rondom Stellenbosch ‘n besondere atmosfeer – veral met ‘n glasie wyn in die hand.